Tandem Post : Die Mure Het Ore

Riaan en ‘n paar ander mans sit om ‘n “galley” terwyl hulle aan hul drank teug. Som van die ouens is al lekker aan en die tonge is omtrent los terwyl hulle sit en oorlogs verhale vertel.
 
“Kykie my broer” wys die een op sy regterkant na sy skouer. “Die was toe ek dai jong met my vrou gevang het. Jarre ek het hom amper vrek gemaak. Maar die gemors het mos ‘n gun man.” Hy neem nog ‘n slukkie van sy bier voor hy voortgaan. “Maar hy hettie gewiet van my skills nie. Ek het hom nog once vertrap.” Sê hy en bars uit van die lag. “En dai blerrie vroumens… Dai slet sal na my laaities kyk as sy wiet wat goed is vir haar.”
 
“My broe dais niksie…” Begin ‘n ander een. Die mans por mekaar aan en een na die ander vertel hul eie grusame gevegte.
 
‘Waarin bevind ek myself nou?’ vra Riaan homself af. Maar ‘n dop om die pyn en frustrasie te versteek is wat hy soek. So gepraat van. Hy lug die bottle na sy lippe en drink. Hy wil net vergeet. Nie meer voel voel nie. En al wat hierdie kamp vuurtjie doen is om hom te herinner. Hy besluit hy’t genoeg gehad en sukkel om op te staan en spore te maak. Hy kan in sy kamer verder drink. Daar sal stilte ook wees.
 
Soos hy struikel en rondval leun hy teen ‘n muur. Dis toe dat hy die stem hoor. ‘n stem wat hom vir die afgelope twee jaar jag. Die stem wat hom wakker hou snags. Die einste een wat hom na die afgrond gelei het.
 
“Jis ouens hoe lykit?” Vra die stem jollig. Riaan hoor hoe almal die stem in die kring verwelkom. Een van die ouens sê “Ons is nou biesag om ons “onderonsies” met mekaar te deel. Jy kan sommer een van joune gou sê daar man.”
 
Riaan wil loer om te sien of die stem met die gesig wat hy in sy kop het ooreenstem maar dis nie nodig nie. Maak nie saak waar nie. Of hoe baie tyd verby gaan nie. Hy sal altyd inthou hoe daai vark geklink het toe hy voor die magistraat en ‘n hof vol mense sê “Ek pleit onskuldig”
 
Die stem lag. “Yoh. Waar begin ek nou.” Dan is daar ‘n stil oomblik voor hy weer begin. “Sien julle die traantjie hier op my wang? Die traantjie is vir ‘n baie special lady.” Sy stem klink laggend. “Die girl het haar mos hot stuff gehou, sien jy. Speel blerrie hard to get. Ek wil net vining in gegaan het en die tv en laptops gevat het. Maar sy moet mos daar inkom met “n stywe see through nighty. Jasses!” Hy lag en verduidelik hy in detail hoe hy haar verkrag het en toe vermoor het. “En die beste van alles. Ek kan lekker ‘n biertjie enjoy terwyl daai ander stupid gaan mang het vir die.”
 
Genoeg! Riaan het genoeg gehoor. Nou nugter en briesend kwaad storm hy in die rigting van die stem. Soos hy nader ruk hy sy kapmes uit sy broeksak. Hy ruk die eienaar van die stem na sy voete en begin hom telyf gaan. Met elke kap skreeu hy. “Daai. Special. Lady. Was. My. Vrou!” en “Onskuldig!” “Jy. Het. My. Vrou. Van. My. Geneem.
 
“Het jy nog nooit gehoor van Die Mure Het Ore nie?” Hy kyk hom stip in die oê soos hy die mes draai en wag dat die stem sy laaste asem uit blaas.
 
This was part of a Tandem post between two amazing ladies both on and offline.

Please check out their versions of “Die Mure Het Ore” on their own sites down below…

Shelley from The Deal Is

Chevone from Chevs Life

8 Comments

  1. Die Mure Het Ore - ChevsLife

    March 12, 2017 at 11:30 am

    […] Celeste at No Ordinary Woman […]

  2. ChevsLife

    March 12, 2017 at 11:40 am

    Hel maar jou storie is gryppend!

    Celeste, job well done my friend!

    1. CJ

      April 4, 2017 at 5:44 pm

      Thanks Chev. Coming from you it is a great compliment 🙂 You are the real story writer between the tandem trio.

  3. Die Mure Het Ore - The Deal Is

    March 20, 2017 at 9:58 pm

    […] post was written in partnership with Celeste from No Ordinary Woman and Chevone from Chevs Life.  A while back we used to do Thursday tandem posts and thought […]

  4. Shelley

    March 20, 2017 at 10:16 pm

    Ek mean maar…die was nog once a kwaai storie! Seriously, I loved it Celestial. Started with a good giggle but then it just got goooood.

    1. CJ

      April 4, 2017 at 5:42 pm

      Thank you Shells. I had no idea where I was going with this story and it basically wrote itself. With the inout of my colleagues Afrikaans. I just got totally lost in translation for a minute.

      We really should hook up and do this weekly again. No pressure though 😉

  5. Arica Kacynski

    June 19, 2018 at 1:16 am

    I am really loving the theme/design of your weblog. Do you ever run into any browser compatibility problems? A small number of my blog audience have complained about my site not working correctly in Explorer but looks great in Opera. Do you have any recommendations to help fix this problem?

    1. CJ

      June 19, 2018 at 5:45 pm

      Hi Arica, thank you for stopping by and thank for the compliment. I haven’t had any complaints about my site/browser compatibility issues.

      Forward me your link and I’ll have a look. I’m no expert but I may be able to assist.😉

Leave a Reply